Sononder by die see

Kom sit lekker styf langs my op die rotse.  Laat die golwe se koue skuim oor ons tone spoel, terwyl die son stadig wegsak agter in die verste miswolkies wat soos ‘n donskombers oor die water lê.

Ons kan klippies in die see laat plons.  En ons kan gesels oor diep dinge, of sommer net stil saam bly wees oor die laaste stukkies mooi van nog `n dag.

71CA86D0-CE08-4C15-9D5A-CB9D5AFABA61

 *      *      *

Leave a comment