Woestyn toe met besoekers

Verlede week het twee kollegas van ver af kom kuier. Mense wat nog nooit hier in Chile gedraai het nie. Ek kon hulle dus al my uitgetrapte paaie gaan wys. Alles was vir hulle iets nuuts en anderwêrelds. Van my kant af het ek dit geniet om weer dinge in ‘n ander taal as Spaans met mense te kan bespreek.

Ek het besluit om hulle na die woestynkant van die land te vat vir die naweek:  Met lang, dorre paaie tussen klein dorpies, na ‘n bestemming aan die voetheuwels van die Andes.

Ek het oppad gestop by een van die verlate ou begraafplase, waar daar 150 jaar gelede ‘n myn was in die woestyn se verlatenheid.  Mense het hier geswoeg en geleef met hulle gesinne, met net ‘n stoomtrein honderde kilometers terug see toe wat hulle met die buitewêreld verbind het.

My besoekers het hulle verwonder aan die hartseer eensaamheid van honderde houtkruise, in die middel van nêrens, met name lankal verbleik deur die helder son.

20190906_140336.jpg

Ons het verder gereis na ‘n vriendelike oasedorpie en ingeboek by ‘n oulike hotel met moddermure en grasdak. Daar is heelwat goeie eetplekkies hier. Honde lê slaperig in die stofstrate.  Kinders hardloop laggend onder groot ou peperbome op die dorpsplein rond.

Gister het ek hulle een van my gunstelingplekke gaan wys: ‘n Glashelder meer met flaminke, so tussen die dorheid van alles.

20190907_110748.jpg

Vandag kom daar koue weer oor die berge aangerol. Vulkaniese pieke is weggesteek agter donker wolke van sneeu en daar val ‘n paar druppels reën.

20190908_103414.jpg

Dit doen my goed om bietjie weg te kom en vir ‘n paar dae lank sommer net van al die kinkels in my lewe te kan vergeet.

*    *    *

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s