Twee dae in Iquique

Mens vlieg twee ure reg noord vanaf Santiago om by Iquique uit te kom.  Dis ‘n heerlike sonnige woestynstad teen die see, met matige dae heeljaar deur.

In die verlede was daar ‘n groot kommersiële visbedryf, maar vandag sien mens net nog ‘n klompie tradisionele visserskuite in die hawe.

dsc06374

Daar word nou moeite gedoen om die laaste klompie houtstrukture in die ouer gedeelte van die hawegbied te bewaar.  Een van die strate is vir motors afgesper en al die ou houtgeboue word tans sorgvuldig gerestoureer.    Heelwat van hulle is reeds omskep in restaurante of gastehuise.

img_0128

Die vrolike pastelkleure gee lewe aan alles.

img_0127

Straatverkopers beman hulle stalletjies van vroegdag al.  Daar is klanke van kitare en sangers en mens ruik die geur van varsgebakte brood op die plein.

img_0123

Toeristewinkels adverteer allerhande aktiwiteite in en om die stad. Soos byvoorbeeld valskermspring vanaf die hoe berge net buite die stad, om van dan van daar af op die strand te land. Of sand ski in die woestyn se duine.

img_0126

Sommige stoepe is omskep in vrolike blomtuine wat verrassend uitstaan in die andersens vaal en lewelose woestynomgewing.

img_0132

Die kloktoring op die stadsplein het sterk Oosterse styl.

dsc06387

Mens kan hawe toe stap om vars vis te koop, verby ‘n klompie snorkende robbe.

dsc06433

Daar is orals netjiese hotelle.  Myne se eetsaal was sommer so reg teenaan die bruisende branders.

Snags het die musiek van die see mens sommer gou aan die slaap laat raak.

Ek het een oggend van my balkon af twee ouens dopgehou wat besig was met swembadinstandhouding.  Hulle het duidelik die uitsig geniet en was glad nie haastig om klaar te maak nie.

dsc06347

Ja, die branders hier bly onverpoosd instroom.  En saans, met elke dag se amperse wolklose sononder, lyk die see op sy heel mooiste.

71CA86D0-CE08-4C15-9D5A-CB9D5AFABA61

  *      *      *

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s