Sjokolade

Op sommige dae verdien mens ‘n bietjie ekstra bederf en koestering.  Miskien ‘n goeie massage.  Of ‘n lang luilekker stoombad. Of dalk ‘n glas rooiwyn op die stoep, teen sononder.

Of miskien ‘n mooi verrassing, soos ‘n handvol vrolike sonneblomme.

Of miskien, dalk, net ‘n groot boks tjoklits.

Daardie soort met die dosyne verskillende geure.  Met ‘n paar van likeur, ‘n klompie met neute.  En koffiesmake.  En hier en daar enetjie met die sprankelgeur van sitrus.

En daar moet ‘n papiertjie by wees, wat jou mooi beduie wat nou eintlike spesiaal is aan elke blokkie.

DSC06326

Mens moet dan versigtig beplan oor hoe jy die boks gaan leeg eet:  Miskien die waarvan jy die minste hou, eerste verorber.  En van die lekkerstes met jou beste vriende deel.

Maar die heel bestes moet jy dan net vir jouself hou, sodat jy die mees spesiale smake en geure vir lank nog op jou palet kan ervaar.

DSC06332

 

 *      *      *

Advertisements