‘n Besoek aan Valparaiso

Wanneer ek soms voel om weg te kom uit die stad, is Valparaiso gewoonlik my gunstelingkeuse. Dis nie ver nie, net twee ure se ry, teen die see.

Dis ‘n verfrissend anderse ervaring: Uitsigte oor die oseaan; mooi, half vervalle ou geboue; straatmarkte en goeie restaurante. En daar is orals grafitti. Mens aanvaar dit as deel van die stad se kultuur.

Daar heers ‘n lewendige atmosfeer. Kunstenaars bly in pragtige ou houtraamwonings en verkoop hulle ware vanuit privatstudio’s. Die straatmarkte het goeie, oorspronklike handewerk. Oor naweke en met vakansietye is die plek stampvol malende toeriste.

Meeste van die restaurante en hotelle het mooi uitsigte oor die valleie en hange met duisende bont huisies.

Die stad was, voor die bestaan van die Panamakanaal, ‘n belangrike hawebestemming op die handelsroetes tussen Noord Amerika en Europa. Die statige historiese ou wonings getuig van welvaart en ‘n waardering vir argitektuur en kunste. Jy kan vandag tuisgaan in ‘n hotel wat in ‘n destydse miljoenerswoning ingerig is. Of besonderse aandetes met Chile se beste wyne geniet, terwyl jy uitkyk oor die glimmende see.

Daar woon ‘n mengelmoes van ryk en broekskeur mense langs mekaar in die steil strate. Valparaiso bring ‘n unieke lewensgeluk. ‘n Manier van leef waar geld van baie minder belang is.

* * *

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s